Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eaton, John Kyer
Eaton, John Kyer [boodskap #121714] Sa, 08 Desember 2018 05:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Kyer Eaton was 'n Suid-Afrikaanse nywerheidspionier. In 1871 in Bendigo, Australië, gebore en emigreer na Suid-Afrika as 'n jongman. Hy was oortuig van die belangrikheid van yster- en staalproduksie, veral as gevolg van die sukses van die Broken Hill Proprietary Steel Works in Nieu-Suid-Wallis, waaraan hy vroeër verbonde was, en het dit sy lewenstaak gemaak om iets soortgelyk in die land in te stel. Een van sy vroeë pogings was die skepping van die ingenieursfirma, Cartwright & Eaton in Benoni, wat later ontwikkel het in die Dunswart Iron and Steel Works. Later spits hy hom toe op die oprigting van 'n yster- en staalfabriek op Newcastle, Natal, wat uiteindelik deel van die Yskor-organisasie geword het. Eaton het hom in Durban gevestig waar hy sy eie firma gestig het om padbou-masjienerie te vervaardig. Oorlede in 1942.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Herald (Suid-Afrika)
Volgende onderwerp: Ebb and Flow
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:14:48 MGT 2024