Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Du Toit, Ds. Stephanus Jacobus
Du Toit, Ds. Stephanus Jacobus [boodskap #121707] Sa, 08 Desember 2018 05:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Stephanus Jacobus du Toit was die stigter van die beweging vir die erkenning van Afrikaans. In 1847 in Daljosafat, Wes-Kaapland, gebore. Was 'n leerling van Arnoldus Pannevis in die Paarlse Gimnasium. Gaan na Stellenbosch waar hy in 1874 as 'n predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk georden is. Daar begin hy belang stel in Afrikaans en toe hy predikant van Noorder-Paarl was, stig hy in 1875 die Genootskap van Regte Afrikaners. Hy word redakteur van Di Patriot, die eerste nuusblad in Afrikaans. Hy help met die stigting van die Afrikanerbond in 1879 en aanvaar in 1882 die aanstelling as Superintendent van Onderwys vir die Suid-Afrikaanse Republiek.

In 1883 vergesel hy die Driemanskap op sy onafhanklikheidsending na Engeland. In 1889 laat vaar hy sy onderwyspos en keer terug na Di Patriot waarvan hy van 1890 tot 1904 die redakteur was.
In 1896 begin hy met 'n kinderblad, Ons Klyntji, en in 1907 met Ons Taal. Du Toit was van die eerste persone wat die vertaling van die Bybel in Afrikaans aangepak het. Hy het baie boeke geskryf, insluitende fiksie, drama, geskiedenis en grammatika. Vroeg in die jare 1890 raak hy bevriend met Cecil John Rhodes met wie hy na Rhodesiƫ reis. Sy houding na die Jameson-inval het hom van baie Afrikaners vervreem. Nieteenstaande bly sy posisie as 'n stigter van Afrikaans onbetwisbaar. Oorlede in 1911.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Du Toit, Jacob Daniel ('Totius')
Volgende onderwerp: Dutoitspan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:59:19 MGT 2024