Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Du Toit, Jacob Daniel ('Totius')
Du Toit, Jacob Daniel ('Totius') [boodskap #121706] Sa, 08 Desember 2018 05:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacob Daniel du Toit (Totius) was 'n Afrikaanse digter en teoloog. Seun van ds. S.J. du Toit. Op 21 Februarie 1877 in die Paarl gebore. Studeer aan die Teologiese Skool op Burgersdorp en aan die Vrye Universiteit van Amsterdam. Tree op as kapelaan vir die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog. In 1905 aanvaar hy 'n beroep na die N.G. Kerk op Potchefstroom waar hy in 1911 as professor aangestel is aan die Teologiese Kweekskool. Sy eerste digbundel, By Die Monument, het in 1908 verskyn. As een van die bekendste Afrikaanse skrywers het hy 'n groot aandeel gehad in die vertaling van die Bybel en 'n Psalmberyming. Oorlede op 1 Julie 1953.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Du Toit, Dr. Alexander Logie
Volgende onderwerp: Du Toit, Ds. Stephanus Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:53:59 MGT 2024