Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Du Toit, Dr. Alexander Logie
Du Toit, Dr. Alexander Logie [boodskap #121705] Sa, 08 Desember 2018 05:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Alexander Logie du Toit was 'n Suid-Afrikaanse geoloog. In 1878 in Kaapstad gebore. Van Afrikaans-Skotse afkoms. Na studie aan die Diocesan College en die South African College gaan hy na Glasgow waar hy in 1899 as myningenieur kwalifiseer. Hy spesialiseer in geologie en word op 23 jarige ouderdom 'n lektor aan die Universiteit van Glasgow. In 1903 keer hy terug na Suid-Afrika om aan te sluit by die Geologiese Kommissie in die Kaap. Later was hy geoloog in die Departement Besproeiing en vir De Beers. Hy het wêreldwye aansien verwerf met sy deeglike en omvattende werk. In 1943 word hy gekies as 'n 'fellow' van die Royal Society en word 'n soortgelyke eer aangedoen in die Verenigde State. Sy beroemdheid berus hoofsaaklik op sy geskrifte oor drywende kontinente - 'n onderwerp waaroor hy verskeie epogmakende idees voortgebring het. In 1948 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dutchman
Volgende onderwerp: Du Toit, Jacob Daniel ('Totius')
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:05:05 MGT 2024