Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » D'Urban, Sir Benjamin
D'Urban, Sir Benjamin [boodskap #121701] Sa, 08 Desember 2018 04:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Benjamin D'Urban was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. In 1777 in Halesworth, naby Norwich gebore. Van Frans-protestante afkoms. Op 16 Januarie 1834 aanvaar hy diens as Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, waar die Sesde Grensoorlog aan die gang was. Dit beëindig hy suksesvol en skep die Provinsie van Koningin Adelaide. Hy het geen steun vir sy beleid uit Brittanje ontvang nie en aan die Kaap het hy te staan gekom voor die probleme wat ontstaan het met die Groot Trek. Hoewel hy aan die Kaap besonder gewild was, het hy hom al hoe meer in 'n moeilike posisie bevind. Ten spyte van sy bevordering tot Luitenant-generaal in 1837, word hy in 1838 as Goewerneur afgedank. In sy militêre hoedanigheid bly hy egter aan in Suid-Afrika tot 1846 toe hy opperbevelhebber van die Britse troepe in Noord-Amerika geword het. In Mei 1849 Montreal oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Durban
Volgende onderwerp: Durbanville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:49:57 MGT 2024