Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Du Plessis, Professor Johannes
Du Plessis, Professor Johannes [boodskap #121698] Vr, 07 Desember 2018 18:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Johannes du Plessis was 'n Nederduitse Gereformeerde teoloog en sentrale figuur in die beroemde ketterysaak. In 1868 in Cradock gebore. In 1894 georden en het die gemeentes Zastron (O.V.S.) in 1894 en Seepunt in 1899 bedien. In 1903 word hy Sendingsekretaris van die Kerk en in 1910 redakteur van Die Kerkbode, 'n pos wat hy tot 1912 beklee. In 1903 het hy 'n inspeksietoer na 'n aantal sendingposte van die N.G. Kerk in Njassaland (Malawi) en omstreke onderneem. Dit het die publikasie van sy boek, Duisend Myl in die Hart van Afrika, tot gevolg. In 1911 skryf hy 'n standaardwerk, Die Geskiedenis van Christensendings in Suid-Afrika. In 1916 word hy professor aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Daar haal hy hom die kritiek van 'n groep van sy kollegas op die hals op grond van sy beweerde liberale menings. Dit loop uit op die beroemde hofaksie waarna gewoonlik verwys word as "Die Kerksaak", wat in 1931 deur die Hooggeregshof verhoor is. Dit het geëindig in die regverdiging van professor Du Plessis en die menings wat hy uitgespreek het in die blad, Het Zoeklight. Oorlede op 16 Februarie 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dunn, John
Volgende onderwerp: Du Plessis, Dr. Josias Hendrik Otto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:58:43 MGT 2024