Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dunn, John
Dunn, John [boodskap #121697] Vr, 07 Desember 2018 18:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Dunn was 'n blanke opperhoof van die Zoeloes. Seun van Engelse ouers, gebore omstreeks 1836. Verloor sy vader op 14 jarige ouderdom en sy moeder kort daarna. Hy begin met 'n swerwersbestaan as 'n jagter. Nadat hy reisigers na Transvaal vergesel het, gaan hy in 1853 na Zoeloeland waar hy 'n bestaan maak deur olifante te skiet. Later wen hy die vriendskap van opperhoof Cetshwayo en in 1860 skiet hy na bewering die laaste oorlewende olifant in Natal. Hy het 'n merkwaardige kennis van die Zoeloe-sielkunde opgedoen en vestig hom in hulle land waar hy die status van 'n opperhoof kry. Baie vlugtelinge en ander stamlede het hulle in sy kraal, Emangete, gevestig wat na die anneksasie van Natal deur die Britte erken is as 'n naturellereservaat. Sy afstammelinge en voormalige onderdane het daar bly woon. John Dunn het 'n interessante weergawe van sy vroeë ondervindings geskryf, en is oorlede in 1895.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dundonald, Generaal-Majoor Graaf
Volgende onderwerp: Du Plessis, Professor Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:58:47 MGT 2024