Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duncan, Patrick Baker
Duncan, Patrick Baker [boodskap #121693] Vr, 07 Desember 2018 14:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Patrick Baker Duncan was 'n Suid-Afrikaanse politikus en skrywer. Seun van sir Patrick Duncan. In 1918 in Johannesburg gebore en ontvang sy onderwys aan die Diocesan College, Kaapstad, Winchester en Oxford. Nadat hy as privaat sekretaris vir sir Evelyn Baring, die Britse Hoë Kommissaris gewerk het, sluit hy aan by die Basoetolandse staatsdiens. In 1952 laat vaar hy sy werk om deel te neem aan die 'Uittartingsveldtog' van die Suid-Afrikaanse Indian Congress en die African National Congress. Hy is gevangenisstraf opgelê omdat hy 'n Bantoewoonbuurt sonder 'n permit binnegegaan het. Later help hy met die stigting van die Liberale Party en was redakteur van sy mondstuk, Contact, wat hom weer met die polisie laat bots. Hy laat vaar die A.N.C. om by die Pan-African Congress aan te sluit en vestig hom weer in Basoetoland (vandag Lesotho) in 1961. Hy vestig hom in 1962 in Engeland en het daarna die gebruik van geweld in Suid-Afrika gepropageer ten einde sy politieke doelstellings van gelykheid vir alle rasse te bewerkstellig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Duncan, Sir Patrick
Volgende onderwerp: Dundee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:43:23 MGT 2024