Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duncan, Sir Patrick
Duncan, Sir Patrick [boodskap #121692] Vr, 07 Desember 2018 14:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Patrick Duncan was die eerste Suid-Afrikaans-aangestelde Goewerneur-generaal van die Unie. In 1870 op Fortrie, Banffshire, gebore. Studeer in Edinburgh en Oxford. Werk by die departement van binnelandse inkomste in Engeland en kom daar onder die aandag van lord Milner wat hom aanstel as sy privaat sekretaris en hom vra om in 1901 na Transvaal te kom. In 1903 word hy aangestel as Koloniale Sekretaris, 'n amp wat hy 4 jaar lank beklee. In 1906 neem hy waar as Luitenant-goewerneur. Na Uniewording sluit hy aan by die Unionistiese Party en in 1911 word hy parlementslid. Toe die Unionistiese Party en die Suid-Afrikaanse Party in 1921 saamsmelt, word Duncan Minister van Binnelandse Sake, en later van Onderwys en van Openbare Gesondheid tot 1924. Onder die Verenigde Party-bewind was hy Minister van Mynwese van 1933 tot 1936. In daardie jaar volg hy lord Clarendon op as Goewerneur-generaal van die Unie. Oorlede in 1943.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dullstroom
Volgende onderwerp: Duncan, Patrick Baker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:21:28 MGT 2024