Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duif
Duif [boodskap #121683] Vr, 07 Desember 2018 06:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Duif.
'n Duif.
Duiwe is voëls in die orde van duifagtiges (Columbidae), meestal middelgroot en kompak van bou met 'n ronde bors en 'n kleinerige kop. Hulle het 'n vinnige, maar meestal reglynige vlug. Anders as ander voëls kan hulle water met hulle snawels opsuig. Jong duiwe word met duiwemelk uit die krop gevoer.

Duiwe is goed verteenwoordig in Suid-Afrika. Die bekendste is die tortelduif (Streptopelia capicolia) wat orals in bome aangetref word. Dit is grysbruin met 'n swart halfkragie. 'n Treffende lid van die groep is die groot papagaaiduif (Treron calva), 'n vrugtevreter van die subtropiese dele van Oos-Transvaal, Natal en Oos-Kaapland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Duits-Oos-Afrika-redery
Volgende onderwerp: Duiwelskantoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:10:52 MGT 2024