Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duits-Oos-Afrika-redery
Duits-Oos-Afrika-redery [boodskap #121682] Vr, 07 Desember 2018 06:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Duits-Oos-Afrika-redery was 'n stoomskipmaatskappy. In 1837 het Carl Woermann, 'n Hamburgse handelaar, skepe begin stuur na Wes-Afrika. 'n Seun, Adolf Woermann, het dit voortgesit en in 1879 begin hy handel met Oos-Afrika. Die handelsbuiteposte van die maatskappy word die kern van die Duitse kolonie. Die vestiging van die Duitse gesag in Oos-Afrika het die stigting meegebring van 'n nuwe stoomskipmaatskappy in Mei 1890, die Deutsche Ost-Afnka Linie, waarmee dit dan ook 'n nuwe poskontrak gesluit het. Adolf Woermann was op die oorspronklike raad. Die Duits-Oos-Afrika-redery het slegs langs die Ooskus so ver as Lourenco Marques (no Maputo) handel gedryf tot 1892, toe die Keiser na Suid-Afrika gestuur is. 'n Weskusdiens volg en uiteindelik 'n rondom-Afrika-diens. Adolf Woermann en Seuns het in 1898 hulle eie regstreekse diens van Hamburg na Kaapstad begin met spesiale aandag aan die behoeftes van Duits-Suidwes-Afrika (nou Namibië). Die diens het geleidelik gegroei totdat dit deur die Eerste Wêreldoorlog beëindig is.

Na die sluiting van vrede het die belange van die twee maatskappye nouer saamgesmelt en 'n aansienlike groot vloot ontstaan voordat dié diens weer deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek is. Sedert 1945 het die Duits-Oos-Afrika-redery hoofsaaklik gekonsentreer op skeepsvrag en 'n beperkte aantal passasiers.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Duitse Legioen
Volgende onderwerp: Duif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:50:27 MGT 2024