Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duitse Legioen
Duitse Legioen [boodskap #121681] Vr, 07 Desember 2018 06:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Duitse Legioen (Deutsche Legion) was 'n groep Duitse vrywilligers wat in die Krim-oorlog diens gedoen het in die Britse leër. Na die sluiting van vrede in 1857 is hulle as setlaars na die Oosgrens gebring en grond gegee in Brits-Kaffrarië. Hulle het ook 'n hoeveelheid geld ontvang. Altesaam meer as 2,400 mans, vroue en kinders het onder baron Von Stutterheim aangekom. 'n Aantal dorpe met Duitse name, insluitend Berlin, Hamburg, Stutterheim, Döhne, ens. is gestig. Baie bekende Suid-Afrikaanse families stam uit hierdie koloniste.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Duineveld
Volgende onderwerp: Duits-Oos-Afrika-redery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:30:04 MGT 2024