Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dugmore, Eerw. Henry Hare
Dugmore, Eerw. Henry Hare [boodskap #121677] Vr, 07 Desember 2018 05:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Henry Hare Dugmore was 'n sendeling en skrywer. In 1810 in Engeland gebore en kom saam met sy familie met die 1820-Setlaars na die Kaap. Word 'n Metodistiese predikant. Tydens sy 45 jaar diens was hy op Salem, Grahamstad, King William's Town en Mount Coke. Daarna vestig hy hom op Queenstown. Hy was beroemd as 'n prediker wat ewe goed Xhosa en Engels gepraat het. Hy het meer as 100 gesange, gelykstaande aan een-derde van die hele gesangeboek, in Xhosa geskryf. Hy het ook Reminiscences of an Albany Settler en verskeie ander werke geskryf. Oorlede in 1896.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Duerden, Professor James Edwin
Volgende onderwerp: Duiker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:23:13 MGT 2024