Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Duckitt, Hildagonda Johanna
Duckitt, Hildagonda Johanna [boodskap #121675] Vr, 07 Desember 2018 05:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hildagonda Johanna Duckitt was 'n Suid-Afrikaanse skryfster oor huishoudelike onderwerpe. Sy is in 1840 gebore as 'n afstammeling van een van die vroegste Engelse families wat hulle aan die Kaap kom vestig het. Sy was 'n afstammeling van William Duckitt, wat in 1795 aan die Kaap aangekom het as die eerste landboudeskundige. Hoewel sy stil gelewe het, het sy roem verwerf met haar stokperdjie om tradisionele Kaapse resepte, veral dié van die Maleiers en die blanke pioniers, te versamel. Dit het sy ingesluit in haar Hilda's Where Is It en die Diary of a Cape Housekeeper. Oorlede op 4 Januarie 1905.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dube, Eerw. John L.
Volgende onderwerp: Duerden, Professor James Edwin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:25:15 MGT 2024