Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dube, Eerw. John L.
Dube, Eerw. John L. [boodskap #121674] Vr, 07 Desember 2018 05:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. John L. Dube was 'n Zoeloepredikant en politieke leier. Op 22 Februarie 1871 in Natal gebore. Kwalifiseer as Metodistiese predikant en stig in 1906 'n invloedryke nuusblad, Llanga Lase Natal (die Natal se son), wat nog bestaan. Dube word later lid van die African National Congress en lei in 1914 die deputasie na Brittanje om beswaar te maak teen die Naturelle-Landwet. Hy bedank later as president van die Congress. Onder sy landgenote was hy bekend as 'Mafukuzela', en as 'n gematigde persoon het hy groot invloed uitgeoefen. Hy woon 'n internasionale sendingkongres in België by en ontvang 'n eredoktoraat van die Universiteit van Suid-Afrika vir sy dienste in Bantoe-onderwys. In sy later jare ontvang hy teenkanting van ekstremiste. Oorlede op 11 Februarie 1946.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dubbeltjie
Volgende onderwerp: Duckitt, Hildagonda Johanna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:36:33 MGT 2024