Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Drummond Castle
Drummond Castle [boodskap #121671] Do, 06 Desember 2018 16:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Drummond Castle was 'n stoomboot van Donald Currie and Co. wat in een van die rampspoedigste skipbreuke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis betrokke was. Dit is in 1881 gebou en as 'n skip van 3,663 ton was dit een van die gewildste en modernste skepe van die redery. Dit was die eerste wat elektriese krag (geïnstalleer in 1887) gehad het. Op 16 Junie 1896 het die Drummond Castle op sy vaart na Engeland op die hoogte van die Franse kus naby Kaap Ushant op 'n rif geloop, sy bodem oopgeskeur en binne vier minute gesink. Van die 245 mense aan boord is net drie gered, insluitende een passasier.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Drosdy
Volgende onderwerp: Drywende Rif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:01:51 MGT 2024