Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Drifgeskil
Drifgeskil [boodskap #121667] Do, 06 Desember 2018 16:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die drifgeskil was 'n diplomatieke geskil tussen die Suid-Afrikaanse Republiek en Brittanje in 1895. Die spoorweglyn tussen Vereeniging en die Rand was voltooi en het die Rand met die Kaap verbind, maar die tariewe vir die Transvaalse seksie was so hoog dat die Uitlandersakemanne dit goedkoper gevind het om hulle goedere by die grens af te laai en dit per ossewa na die Rand te bring. In sy poging om die verkeer weg te keer na die Delagoabaairoete, waaraan hy voorkeur gegee het, het president Kruger op 1 Oktober 1895 'n proklamasie uitgevaardig waarin hy 'n verbod geplaas het op die vervoer van oorsese goedere per ossewa deur die driwwe van die Vaalrivier. Dit het tot so 'n gevaarlike situasie aanleiding gegee dat die Britse regering op 16 Oktober 'n ultimatum aan president Kruger gestel het om die driwwe te heropen of strenger stappe te verwag. Op 7 November 1895 het die President die proklamasie herroep.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Drietoon-strandloper
Volgende onderwerp: Dronkgras
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:59:52 MGT 2024