Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Draper, Dr. David
Draper, Dr. David [boodskap #121663] Do, 06 Desember 2018 15:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. David Draper was 'n Suid-Afrikaanse geoloog. In 1859 aan die Kaap gebore. Hy het hom hoofsaaklik self geleer en het baie van sy vroeë ondervinding by G.W. Stoe opgedoen. Hy het Kimberley, Lydenburg en Natal vroeg in die 1970's besoek en uiters belangrike ontdekkings gedoen. Nadat hy deelgeneem het aan die geologiese opname van die Witwatersrand het dr. Draper teen die einde van die vorige eeu oorsee gegaan. Hy het ook Turkye, Borneo en Suid-Amerika besoek en hom veral toegespits op diamantontginning in Brasilië. In 1904 en 1905 was hy verantwoordelik vir die ondersoek na die tinneerslae in die Bosveld. In 1927 ontvang hy 'n eredoktoraat van die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is oorlede in 1929 en ter ere van hom is die Draper-medalje vir buitengewone diens in Suid-Afrikaanse geologie ingestel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Drakenstein
Volgende onderwerp: Drawwertjie (loopvoël)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:42:42 MGT 2024