Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Drakensberg (Quathlamba)
Drakensberg [boodskap #121661] Do, 06 Desember 2018 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Drakensberg (ook bekend as Quathlamba) is die vernaamste bergreeks in Suid-Afrika. Strek ongeveer duisend myl van Noord-Transvaal af tot by die Kaapse Middelland. Die hoogste punt is in die Malutireeks van Lesotho wat deel vorm van die Drakensbergstelsel. Volgens die jongste opmetings is dit Thaba Tsenyana (11,425 voet), wat Champagne Castle (11,081 voet) en Mont aux Sources (10,878 voet) ver oortref. Ander belangrike bergspitse is Makheke (11,255 voet), Mafadi (11,320 voet), Injasuti (11,315 voet), Hodson's Peak (10,689 voet), Giant's Castle (10,878 voet), Cathkin Peak (10,769 voet) en Cathedral Peak (9,856 voet). Belangrike passe oor die Drakensberg is die Van Reenenspas, Oliviershoekpas, Bezuidenhoutspas, Tintwapas, De Beerspas, Sondagsrivierpas, Bothaspas, Laingsnekpas, Boesmansnekpas en Boesmansrivierpas. Quathlamba beteken 'opgestapelde klippe'.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marydale
Volgende onderwerp: Drakenstein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:13:16 MGT 2024