Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dorslandtrek
Dorslandtrek [boodskap #121654] Wo, 05 Desember 2018 11:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Dorslandtrek was 'n trek van Boere van die Suid-Afrikaanse Republiek in die jare 1870. In Mei 1874 het 'n groep burgers as gevolg van godsdienstige verskille getrek. Hulle is in 1875 gevolg deur 'n groter groep, bestaande uit 128 waens en 480 mense, wat bediendes ook insluit. Hulle het gerieflike skofte afgelê en die Dorsland binnegegaan. Oorlewendes van die ontsettende ontberings het die Okavangorivier uiteindelik bereik en dit na Angola oorgesteek, waar die Portugese grond aan hulle gegee het by San Januario de Humpata. Hulle en hulle nakomelinge het daar gebly tot omstreeks 1926, toe die Unie-regering besluit het om hulle in Namibië (Suidwes-Afrika), hoofsaaklik in die omgewing van Gobabis, te vestig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dorsland
Volgende onderwerp: Dorthesia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:39:32 MGT 2024