Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Donovan, Luitenant
Donovan, Luitenant [boodskap #121646] Wo, 05 Desember 2018 10:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Luitenant Donovan was 'n vroeë Kaapse ontdekkingsreisiger en metgesel van dr. Cowan. In 1808 het hy en Cowan Kaapstad verlaat met 'n geselskap Hottentotte en so ver as die huidige Griekwastad gereis. Met die bedoeling om Delagoabaai te bereik, het hulle die omgewing van die teenswoordige Maricorivier en die Waterberg binnegegaan en uiteindelik die Limpopo bereik. Hoe die reisigers aan hulle einde gekom het, bly 'n raaisel. Gedurende die jare 1850 is oorblyfsels deur setlaars ontdek wat, na bewering, aan lt. Donovan behoort het. Dit sluit regimentsknope van die 83ste Regiment, sakmesse en ander kleinighede in.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Donnybrook
Volgende onderwerp: Donsveer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:54:45 MGT 2024