Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Donkin, Sir Rufane Shaw
Donkin, Sir Rufane Shaw [boodskap #121644] Wo, 05 Desember 2018 10:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Rufane Shaw Donkin was waarnemende Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop en stigter van Port Elizabeth. In 1773 gebore. Sluit op 16 jarige ouderdom by die leër aan en word 'n generaal-majoor in die Spaans-Napoleontiese Oorlog. In 1817 en 1818 veg hy in Indië in die Mahratta-oorlog. Besoek die Kaap op sy pad terug na Engeland in 1820 en in die tydelike afwesigheid van lord Charles Somerset is hy beëdig as waarnemende Goewerneur. 'n Nuwe dorp in Algoabaai is Port Elizabeth genoem ter ere van sy oorlede vrou en 'n piramide (vandag nog in die Donkin-reserwe) is opgerig. Tydens sy kort ampstermyn het hy 'n aantal militêre reëlings herroep en met sy terugkeer na Engeland ernstige besware teen lord Charles Somerset ingebring. Oorlede in 1841.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Donges, Dr. Theophilus Ebenhaezer
Volgende onderwerp: Donnybrook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:04:40 MGT 2024