Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Donges, Dr. Theophilus Ebenhaezer
Donges, Dr. Theophilus Ebenhaezer [boodskap #121643] Wo, 05 Desember 2018 06:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Theophilus Ebenhaezer (Eben) Dönges was 'n Suid-Afrikaanse Minister. In Maart 1898 op Klerksdorp, Transvaal, gebore en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Word in Londen tot die balie toegelaat. Met sy terugkeer in 1923 word hy 'n joernalis en word redakteur van die South African Nation, 'n Engelse blad van die Nasionale Party. Later werk hy vir Die Burger. Nadat hy hom in sy beroep onderskei het, word hy in 1941 parlementslid en in 1948 sluit hy aan by dr. Malan se eerste Kabinet as Minister van Binnelandse Sake. Hy woon baie buitelandse konferensies by, onder meer sittings van die Verenigde Volke. In 1951 staan hy aan die hoof van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die konferensie van Statebondspremiers. Word in 1958 Minister van Finansies en in 1967 Staatspresident. Hy is op 69-jarige ouderdom oorlede voordat hy as staatspresident ingehuldig kon word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Donga
Volgende onderwerp: Donkin, Sir Rufane Shaw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:49:15 MGT 2024