Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Doeane-Konvensie
Doeane-Konvensie [boodskap #121636] Wo, 05 Desember 2018 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die eerste Doeane-Konvensie is in 1889 gevorm tussen die Vrystaatse Republiek en Kaapkolonie. By 'n konferensie in Bloemfontein in 1896 het president Steyn van die Oranje-Vrystaat gepoog om Transvaal, Natal en Mosambiek in te trek. Geen vordering is gemaak tot Natal in 1898 aangesluit het nie. Transvaal en Zimbabwe (Suid-Rhodesië) word na die oorlog ingesluit. Die plaaslike posisie is in 1910 verander, maar die ooreenkoms met Zimbabwe (Rhodesië) word van tyd tot tyd hernu. In 1930 word die eerste doeanegebou by Beitbrug en elders opgerig. (Sien ook Mosambiek-konvensie). In 1903 word Imperiale Voorkeur in Suid-Afrika ingestel en kort daarna word dit uitgebrei na ander dominions. Toegewings word in 1919 deur die Britse regering gemaak vir goedere wat in die Statebond geproduseer is, en die betrekkinge word in 1932 duideliker opgeklaar op die Ottawa-Konferensie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dixie, Lady Florence Caroline
Volgende onderwerp: Döhne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:33:50 MGT 2024