Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dixie, Lady Florence Caroline
Dixie, Lady Florence Caroline [boodskap #121635] Wo, 05 Desember 2018 06:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lady Florence Caroline Dixie was 'n Britse reisiger en skryfster. Jongste dogter van die Markies van Queensberry. Op 24 Mei 1857 in Londen gebore as lady Florence Caroline Sholto-Douglas. Op 18 jarige ouderdom trou sy met sir Alexander Beaumont Dixie en kom in 1880 in Suid-Afrika aan. Tydens die Amajuba-veldtog van daardie jaar was sy in die veld as 'n oorlogskorrespondent vir die Morning Post. In 1882 skryf sy oor haar ondervindings in Suid-Afrika in The Land of Misfortune, en steun sy Cetshwayo in haar boek Defence of Zululand and Its King. Oorlede op 7 November 1905.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Diocesan College (Bishops)
Volgende onderwerp: Doeane-Konvensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:32:45 MGT 2024