Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dinuzulu
Dinuzulu [boodskap #121633] Wo, 05 Desember 2018 06:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dinuzulu was 'n Koning van die Zoeloes. Die seun van Cetshwayo. Hy raak gewikkel in 'n burgeroorlog met sy broer, Usibepu, en in 1884 vra hy 'n groep Transvaalse Boere om hulp. Met hulle hulp wen Dinuzulu die stryd en word hy opperhoof. Toe die Britse gesag in 1887 oor die hele Zoeloeland uitgebrei word, kom Dinuzulu in opstand en word hy verban na die eiland St. Helena. Later word hy toegelaat om na sy geboorteland terug te keer, maar in 1906 raak hy weer betrokke in 'n opstand toe die Bambata-opstand uitbreek. By dié geleentheid is hy weer skuldig bevind en lewenslank verban na Middelburg, Transvaal. Hy is in 1913 daar oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Geloftedag
Volgende onderwerp: Diocesan College (Bishops)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:05:10 MGT 2024