Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Geloftedag (Dingaansdag)
Geloftedag [boodskap #121632] Wo, 05 Desember 2018 06:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Geloftedag (vroeër Dingaansdag) was 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat jaarliks vanaf 16 Desember 1838 af gevier is om die Voortrekkers se oorwinning oor Dingaan se Zoeloes in die Slag van Bloedrivier te gedenk. 'n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf van die Voortrekkermonument in Pretoria. In 1994 het die eerste ANC-regering die dag met Versoeningsdag vervang.

Die Gelofte
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag sal vier; en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dingaan
Volgende onderwerp: Dinuzulu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:04:36 MGT 2024