Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dingaan
Dingaan [boodskap #121631] Wo, 05 Desember 2018 05:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dingaan
Dingaan
Dingaan was 'n Zoeloekoning, die halfbroer van Tsjaka. Het in 1828 die eerste keer op die voorgrond getree toe hy en sy broer Umhlangana en 'n dienskneg, Umbopa, vir Tsjaka om die lewe gebring het. Dingaan het die kapteinskap oorgeneem en het gou bekend geword vir sy verraderlike hoedanighede. Hy het aanvanklik 'n vriendelike houding ingeneem teenoor die handjievol blanke setlaars in Port Natal, en in 1830 stuur hy 'n afvaardiging met geskenke na die Kaap. Goewerneur sir Lowry Cole se weiering om dit te aanvaar het hom baie gekrenk. Dingaan het kaptein Gardiner toegelaat om naturellevlugtelinge onder sy beskerming te neem en met sendingwerk te begin. Toe Amerikaanse sendelinge in Natal aankom, is hulle ook toegelaat om sendingposte in te rig. Hy het later kontak gemaak met die Voortrekkers en het 'n vriendskaplike verdrag met Pieter Retief gesluit, maar in 1838 vermoor hy hom en sy geselskap op verraderlike wyse. Ten spyte daarvan dat sy krygsmanne baie van die Voortrekkers uitmoor, slaag hy nie daarin om die oorblywende Voortrekkers uit te wis nie. Die hoogtepunt kom toe hy 'n blanke nedersetting aanval op die plek waar Durban vandag is.

Hy word verslaan in die Slag van Bloedrivier en hy slaan op die vlug. Hy kry stry met sy broer, Panda, en is uiteindelik tot in Swaziland verdryf waar hy in 1843 om die lewe gebring is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dikkop
Volgende onderwerp: Geloftedag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:41:24 MGT 2024