Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dias, Bartholomeüs (Diaz de Novaes, Bartholomeu)
Dias, Bartholomeüs [boodskap #121624] Di, 04 Desember 2018 18:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dias se twee skepe, die São Cristóvão en die São Pantaleão, waarmee hy om die suidpunt van Afrika geseil het.
Dias se twee skepe, die São Cristóvão en die São Pantaleão, waarmee hy om die suidpunt van Afrika geseil het.
Bartholomeüs Dias (meer korrek Bartholomeüs Dias de Novaes) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder. Omstreeks 1450 in Portugal gebore. In Oktober 1486 word Dias aangestel as gesagvoerder van 'n ekspedisie om 'n seeweg om Afrika na Indië te vind. Hy vertrek in 1487 vergesel van drie klein skepies en slaag daarin om 1,260 myl langs 'n onbekende kus te vaar. Onder die plekke wat hy aangedoen het, was Port Alexander, in Angola, Walvisbaai en Luderitzbaai. Hy sien die berge naby Clanwilliam, vaar om die Kaap die Goeie Hoop en land by Mosselbaai. Die verste punt van sy reis was naby die mond van die Boesmansrivier waar hy 'n klipkruis op Kwaaihoek oprig. Dit is in 1938 herontdek deur dr. Eric Axelson. Op sy terugreis, waartoe hy gedwing is deur 'n muitende bemanning, sien Dias die eerste keer die Kaap die Goeie Hoop. Hy het vermoedelik 'n maand lank in die Kaapse Skiereiland deurgebring. Hy kom weer in Desember 1488 in Lissabon aan. Oorlede in 1500.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Diamant
Volgende onderwerp: Dibeng
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:41:36 MGT 2024