Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kunsdiamant
Kunsdiamant [boodskap #121622] Di, 04 Desember 2018 06:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kunsdiamante is diamante wat kunsmatig vervaardig word en nie deur natuurlike prosesse gevorm is nie. Suid-Afrika het in 1906 toegetree tot dié veld toe sir Julius Wernher en ander hoofde van die De Beersmaatskappy die aanspraak van 'n Fransman genaamd Lemoine, ondersoek het. Dit was bedrog en hulle verloor £80,000. In Februarie 1955 het die nuus dat die General Electric Company in die Verenigde State kunsmatige stene van nywerheidsgehalte vervaardig het, De Beers aangespoor om in dieselfde jaar 'n navorsingsentrum onder dr. J.F.H. Custers in Johannesburg op te rig. In 1956 is dit gepatenteer. In 1958 slaag hierdie diamantlaboratorium daarin om diamante te vervaardig. Die nuus is in November 1959 deur mnr. Harry Oppenheimer aangekondig. Net soos die Amerikaanse produk is die Suid-Afrikaanse kunsdiamant baie klein en net geskik vir nywerheidsgebruik.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Diamond Field Advertiser
Volgende onderwerp: Diamant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:43:03 MGT 2024