Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Waal, Sir Nicholas Frederick
De Waal, Sir Nicholas Frederick [boodskap #121615] Di, 04 Desember 2018 06:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Nicholas Frederick de Waal was die Eerste Administrateur van Kaapland. In 1853 in Holland gebore. Kom in 1880 na Suid-Afrika en vestig hom in Middelburg, K.P., waar hy 'n regspraktyk open. Stel belang in die politiek en word 'n vooraanstaande figuur in die Afrikanerbond. Word in 1898 lid van die Kaapse parlement. Later was hy Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van John X. Merriman in 1908. Met Uniewording word hy Administrateur van Kaapland. Hoewel diktatoriaal, was hy 'n bekwame man wat respek afgedwing het. Tree af in 1926 en is oorlede in 1932.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Waal, Jan Hendrik Hofmeyer
Volgende onderwerp: De Wet, Generaal Christian Rudolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:53:12 MGT 2024