Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Waal, Jan Hendrik Hofmeyer
De Waal, Jan Hendrik Hofmeyer [boodskap #121614] Di, 04 Desember 2018 06:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Hendrik Hofmeyer de Waal was 'n Afrikaanse digter en Speaker van die Unie-parlement. In 1871 naby Kaapstad gebore. Studeer aan die Victoria-Kollege op Stellenbosch, en word in Engeland tot die balie toegelaat. Met sy terugkeer in 1897 word hy 'n lewendige werker vir die Afrikaanse taal. In 1903 word hy redakteur van De Goede Hoop, en is later een van die stigters van die Afrikaanse Taalgenootskap. Hy word in 1915 parlementslid en is in 1929 tot Speaker verkies - 'n amp wat hy vier jaar lank beklee. Onder De Waal se bekendste boeke is sy roman, Johannes van Wyk. Oorlede in 1937.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Waal, Daniel
Volgende onderwerp: De Waal, Sir Nicholas Frederick
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:28:48 MGT 2024