Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Waal, Daniel
De Waal, Daniel [boodskap #121613] Di, 04 Desember 2018 06:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daniel de Waal was die Regter-president van Transvaal. Op 10 September 1873 op Stellenbosch gebore. Gaan skool in die Hoër Jongenskool en studeer aan die Victoria-Kollege. Voltooi sy studies in die regte aan Cambridge. Keer terug na Suid-Afrika en praktiseer 'n kort tydjie in Pretoria tot die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Nadat hy saam met die Boere geveg het, sit hy in 1902 sy regspraktyk voort in Pretoria. Sy praktyk word weer onderbreek deur die Eerste Wêreldoorlog, maar in 1919 word hy senior advokaat en in 1920 Regter-president. Tree af in 1938. Op 19 Februarie 1939 in Pretoria oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Devon
Volgende onderwerp: De Waal, Jan Hendrik Hofmeyer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:48:39 MGT 2024