Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Villiers, Melius
De Villiers, Melius [boodskap #121609] Di, 04 Desember 2018 06:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Melius de Villiers was die Hoofregter van die O.V.S. Op 5 September 1849 in die Paarl gebore. Broer van lord De Villiers. Studeer aan die South African College. In 1872 aan die Kaap tot die balie toegelaat. Vier jaar later word hy 'n regter in die Vrystaat en in 1889 Hoofregter. Na die Tweede Vryheidsoorlog keer hy terug na die Kaap en praktiseer daar. In 1905 word hy professor in Romeins-Hollandse reg aan die Universiteit van Leiden. Op 6 Julie 1938 op Stellenbosch oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Villiers, Marthinus Lourens
Volgende onderwerp: Devitt, Harold Napier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:07:08 MGT 2024