Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Villiers, Jacob Abraham Jeremy (Japie)
De Villiers, Jacob Abraham Jeremy (Japie) [boodskap #121607] Di, 04 Desember 2018 06:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacob Abraham Jeremy de Villiers (Japie) was die Hoofregter van die Unie. Op 14 Desember 1868 in Fauresmith gebore. Studeer aan die Grey-Kollege in Bloemfontein en voltooi sy studies in Amsterdam. Word in 1893 tot die balie toegelaat. Praktiseer in Johannesburg van 1894 tot 1896 en word Staatsprokureur vir die Vrystaat tot 1898 toe hy na Johannesburg terugkeer. Hy veg saam met die Vrystaatse burgers in die Tweede Vryheidsoorlog en word na Bermuda gestuur. Met die sluiting van vrede reis hy na Europa en keer in 1903 terug na Transvaal om sy praktyk voort te sit. Na Unie word hy Prokureur-generaal vir Transvaal, en word later Regter-president. In 1920 word hy aangestel in die Appèlafdeling en van 1929 tot sy dood in 1932 was hy Hoofregter van die Unie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Villiers, Lord, van Wynberg
Volgende onderwerp: De Villiers, Marthinus Lourens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:57:07 MGT 2024