Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Villiers, Lord, van Wynberg
De Villiers, Lord, van Wynberg [boodskap #121606] Di, 04 Desember 2018 06:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord John Henry de Villiers van Wynberg was die Hoofregter van die Kaapkolonie en van die Unie van Suid-Afrika. In 1842 gebore. Besoek die South African College (1853-61). Studeer in die regte aan die Inner Temple, Engeland, en ook in Duitsland. Keer in 1866 terug na die Kaap en word in 1867 parlementslid vir Worcester. Toe die Kaapkolonie verantwoordelike bestuur kry, word hy Prokureur-generaal in die ministerie van sir John Molteno. Hy haal homself baie kritiek op die hals omdat hy hom in 1873 self aanstel as Hoofregter. Hierdie kritiek verdwyn gou as gevolg van die buitengewone bekwaamheid wat hy aan die dag lê en hy word erken as die beste regsgeleerde van sy tyd. In 1877 word hy tot ridder geslaan as sir Henry de Villiers. Hy moes dikwels as bemiddelaar optree en was lid van die kommissie wat die vrede herstel het na die Amajuba-veldtog. In 1894 gaan hy na Kanada as afgevaardigde na die Rykskonferensie en weer in 1908. Hy word aangestel in die Geheime Raad en dien in 'n regterlike hoedanigheid in 1896. In 1899 reël hy die byeenkoms tussen lord Milner en president Kruger, wat die laaste poging was om die uitbreking van die Tweede Vryheidsoorlog te verhoed.

Hy het 37 jaar lank (van 1873 tot 1910) in sy hoedanigheid as Hoofregter as voorsitter van die Wetgewende Vergadering opgetree, en in 1908 is hy gekies as voorsitter van die Nasionale Konvensie wat die voorwaardes vir Uniewording opgestel het. Hy was die vanselfsprekende keuse as Hoofregter na Uniewording en word lord De Villiers van Wynberg. Oorlede in 1914.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dete (Dett)
Volgende onderwerp: De Villiers, Jacob Abraham Jeremy (Japie)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:19:10 MGT 2024