Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dessin, Joachim Nicholas von
Dessin, Joachim Nicholas von [boodskap #121603] Ma, 03 Desember 2018 17:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joachim Nicholas von Dessin was 'n Suid-Afrikaanse boekeversamelaar. In Rostock, Duitsland gebore. Kom in 1727 na die Kaap as soldaat en word klerk van die Hooggeregshof en van 1737 tot 1757 sekretaris van die Weeskamer. Sy biblioteek van 3,800 boeke en baie manuskripte is gedeeltelik van boedels uitgekoop en met sy dood op 18 September 1761 is dit in trust van die Nederduitse Gereformeerde Kerk gelaat as die kern van 'n toekomstige openbare biblioteek. Dit is in 1818 met sy stigting aan die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek oorhandig, en word nog in Kaapstad bewaar as die Dessiniaanse Versameling.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Despatch
Volgende onderwerp: Dete (Dett)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:36:39 MGT 2024