Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » D'Erlanger, Baron Emile Beaumont
D'Erlanger, Baron Emile Beaumont [boodskap #121599] Ma, 03 Desember 2018 17:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Baron Emile Beaumont D'Erlanger was 'n bankier. In 1866 in Parys gebore. Die seun van baron Frederic Emile D'Erlanger. Volg sy vader op as hoof van die bankiersfirma Erlangers van Parys en Londen. Tydens die jare 1880 raak hy geïnteresseerd in die bou van 'n spoorlyn aan die Kaap en in besonder Rhodes se verlenging van die lyn na Zimbabwe (destyds Rhodesië). Hy is grootliks verantwoordelik vir die finansiering van die kontrakte van George Pauling. Later help hy ook met die bou van spoorlyne in die Kongo en Angola. Oorlede in 1939.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Denyssen, Petrus Johannes
Volgende onderwerp: Dernburg, Bernhard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:00:12 MGT 2024