Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Delville-Bos (Delvillebos)
Delville-Bos [boodskap #121595] Ma, 03 Desember 2018 17:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Delville-Bos (ook Delvillebos) is 'n slagveld in Frankryk tydens Eerste Wêreldoorlog waar Suid-Afrikaners geveg het. Op 15 Julie 1916 het generaal sir H.T. Luldn opdrag ontvang om die stelling in te neem en teen elke prys te behou. Die bos was naby Longueval, 'n sleutelstelling in die Slag van die Somme. Die mag slaag daarin om dit te verower, maar die Duitsers begin met 'n reeks teenaanvalle. Dit duur vyf dae lank feitlik nag en dag. Die Suid-Afrikaners bly egter in die stellings ten spyte van swaar verliese totdat hulp opdaag op 20 Julie. Van die 121 offisiere en 3,032 manskappe het net 5 offisiere en 750 manskappe die slag sonder letsel oorleef. 'n Nasionale gedenkteken (waarvan daar 'n duplikaat voor die Uniegebou is), is in 1926 op die terrein opgerig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Delportshoop
Volgende onderwerp: Deneysville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:07:59 MGT 2024