Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Delfos, Cornelis Frederick
Delfos, Cornelis Frederick [boodskap #121592] Ma, 03 Desember 2018 16:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Cornelis Frederick Delfos was 'n Suid-Afrikaanse nywerheidspionier. In 1868 in Rotterdam, Holland, gebore. Ontvang onderwys in Amsterdam en kom in 1890 na Pretoria waar hy saam met sy broer die eerste elektriese ingenieurs-onderneming in Transvaal ingerig het. Vroeg in die huidige eeu stel hulle ondersoek in na die moontlikheid om staal en yster te produseer van die erts op die Pretoriase dorpsgrond, en in 1918 bou hulle die eerste geslaagde hoogoond. Na 'n lang stryd was hy in 'n groot mate verantwoordelik vir die skepping van die Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriƫle Korporasie (sien Yskor), waarvan hy 'n direkteur was. Oorlede in 1933.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Delegorgue, Adulphe
Volgende onderwerp: Delmas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:54:50 MGT 2024