Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De la Rey, Generaal Jacobus Herculaas (Koos de la Rey)
De la Rey, Generaal Jacobus Herculaas [boodskap #121589] Ma, 03 Desember 2018 16:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Jacobus Herculaas de la Rey was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en een van die grootste militêre leiers tydens daardie konflik. Hy is in 1847 naby Winburg, O.V.S. gebore as die seun van 'n Voortrekker. Hy trek saam met sy ouers na Transvaal en vestig hom naby Lichtenburg. Hy dien as veldkornet in die Slag van Amajuba en word bevorder tot kommandant. Van 1893 af was hy Volksraadslid vir Lichtenburg, maar tree die eerste keer op die voorgrond met sy aandeel aan die gevangeneming van die Jameson-invallers. In die Tweede Vryheidsoorlog verwerf hy internasionale roem met 'n reeks briljante oorwinnings, veral by Graspan en Tweeriviere. In Maart 1902 neem hy lord Methuen op Tweebosch gevange. Na die Vrede van Vereeniging was generaal Delarey, nou 'n nasionale figuur, lid van die afvaardiging na Europa om geld in te samel vir die slagoffers van die oorlog. Hy neem in 1908-09 deel aan die Nasionale Konvensie en word aangestel as Senator in die eerste Unie-parlement. Hy steun generaal Hertzog en was een van die aanvoorders van die Nasionaliste-beweging. Hy was glo ook begerig om die twee Boere-republieke in ere te herstel. Hy het glo simpatiek gestaan teenoor die Rebellie van 1914, maar dit is nooit bewys nie.

Hy is op 15 September 1914 per ongeluk doodgeskiet deur 'n polisieman wat in 'n kordon diens gedoen het om die Foster-bende te vang, toe sy motor, waarin generaal C.F. Beyers ook was, nie stilgehou het toe dit in Johannesburg voorgekeer is nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Lange, Johannes (Hans Dons)
Volgende onderwerp: Delareyville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:14:53 MGT 2024