Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maputobaai (Delagoabaai)
Maputobaai [boodskap #121587] Ma, 03 Desember 2018 14:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Maputobaai (vroeër Delagoabaai) is 'n baai aan die kus van Mosambiek en een van die mooiste hawens in Suidelike Afrika. Dit is ongeveer 26 myl lank van noord na suid en sowat 22 myl breed van oos na wes. Dit is in 1502 ontdek deur die Portugese seevaarder, Antonio do Campo, wat onder Vasco da Gama gedien het. Van die vroegste dae af is dit erken as een van die belangrikste handelsentrums, veral omdat varswater van verskeie riviere onder meer die Rio Espirito Santo en die Maputa, maklik bekombaar was. Daar is ook 'n belangrike eiland, Inhaca. Weens sy strategiese ligging het verskeie lande pogings aangewend om nedersettings daar te stig (sien Lourenço Marques), en in 1822 het kaptein W.F.W. Owen 'n opname van die gebied gemaak en 'n verdrag met 'n plaaslike opperhoof aangegaan. In November 1851 het die gesagvoerder van die H.M.S. Narcissus weer die inboorlinge genader. Hy word gevolg deur die Britse korvet, die Petrel, wat opdrag gekry het om die Britse vlag op Inhaca te hys. Die eiendomsreg is uiteindelik onderwerp aan die arbitrasie van die President van die Franse Republiek, maarskalk MacMahon, wat op 24 Julie 1875 die aanspraak van die Portugese erken het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De la Fontaine, Jan
Volgende onderwerp: De Lange, Johannes (Hans Dons)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:38:06 MGT 2024