Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De la Fontaine, Jan (De la Fontaine, Jan)
De la Fontaine, Jan [boodskap #121586] Ma, 03 Desember 2018 14:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan de la Fontaine was 'n Goewerneur van die Kaap. Kom in 1710 na Suid-Afrika en word bevorder tot Sekunde onder goewerneur Pasques de Chavonnes. Met die dood van laasgenoemde word hy aangestel as waarnemende hoof van administrasie - van September 1724 tot Februarie 1727 - en weer na die dood van goewerneur Noodt van April 1729 tot Maart 1730 toe hy Goewerneur geword het. Sy bynaam, 'Die Man met die Glimlag' is 'n aanduiding van sy gewildheid. Hy tree in Augustus 1737 af en keer terug na Holland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De la Caille, Abbé Nicholas Louis
Volgende onderwerp: Maputobaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:10:34 MGT 2024