Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De la Caille, Abbé Nicholas Louis
De la Caille, Abbé Nicholas Louis [boodskap #121585] Ma, 03 Desember 2018 13:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abbé Nicholas Louis de la Caille was 'n Franse priester en sterrekundige. Hy het die eer dat hy van die eerste belangrike waarnemings aan die Kaap gedoen het. In 1750 het De la Caille aan die Paryse Akademie vir Wetenskap voorgestel dat hy die Kaap die Goeie Hoop besoek om die lengtelyn te meet. Die Britse Tesourie het die geld verskaf en op 19 April 1751 kom hy in die Kaap aan. Hy rig sy sterrewag in Strandstraat in waar 'n monument ter ere van hom sedertdien opgerig is. Hy bly hier tot 1753 en in dié tyd maak hy 'n katalogus van sterre. Die resultaat van sy waarnemings is in 1763 gepubliseer. Die Abbé het ook baie waardevolle waarnemings van die Maan en Mars sonder enige hulp gemaak, hoewel die Hollandse owerheid hom baie goedgesind was.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Korte, Benedictus
Volgende onderwerp: De la Fontaine, Jan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:08:49 MGT 2024