Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Korte, Benedictus
De Korte, Benedictus [boodskap #121583] Ma, 03 Desember 2018 05:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Benedictus de Korte was 'n Onderregter van die Transvaalse Hooggeregshof. Op 28 Januarie 1859 in Kaapstad gebore en studeer aan die South African College. In 1880 word hy tot die Inner Temple toegelaat en praktiseer in Kaapstad van 1880 tot 1886 wanneer hy Transvaal toe gaan. Daar word hy in 1888 Derde Onderregter van die Transvaalse Hooggeregshof. In 1889 word hy Eerste Onderregter en bedank kort daarna. Na die Tweede Vryheidsoorlog sit hy sy praktyk in Pretoria voort en tree op as bibliotekaris van die Hooggeregshofbiblioteek van 1902 tot 1922. Op 21 Junie 1922 in Pretoria oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Klerk, Senator Johannes
Volgende onderwerp: De la Caille, Abbé Nicholas Louis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:11:51 MGT 2024