Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Klerk, Senator Johannes
De Klerk, Senator Johannes [boodskap #121582] Ma, 03 Desember 2018 05:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Senator Johannes De Klerk was 'n Suid-Afrikaanse minister. Op 22 Julie 1903 op Burgersdorp, Kaapland, gebore en studeer aan die Universiteit van Potchefstroom waar hy in 1926 as onderwyser kwalifiseer. In 1945 word hy sekretaris van die Blanke Werkers-beskermingsbond, en in 1946 hoof-sekretaris van die Nasionale Party in Transvaal. Nadat hy van 1949 tot 1954 lid was van die Transvaalse Provinsiale Raad word hy Senator en daarna agtereenvolgens Minister van Arbeid, Openbare Werke, Mynwese en Immigrasie. In 1961 kry hy die portefeulje Binnelandse Sake, Onderwys, Kuns en Wetenskap.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Kaap-Goudveld
Volgende onderwerp: De Korte, Benedictus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:03:54 MGT 2024