Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » De Kaap-Goudveld
De Kaap-Goudveld [boodskap #121581] Ma, 03 Desember 2018 05:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die De Kaap-Goudveld is in die Oos-Transvaal. Vandag is Barberton die hoof-sentrum, maar vroeër was daar 'n aantal kampe insluitende Eureka City en Jamestown. Die goudveld kry sy naam van 'n uitstaande voorgebergte wat die pioniers aan die Kaap die Goeie Hoop herinner het. In sy bloeityd, van 1882 tot 1887, het De Kaap goud ter waarde van miljoene rande geproduseer. Vandag word daar net op 'n paar plekke ontgin, maar daar bestaan nog hoop dat 'n herlewing sal intree by sommige van die plekke, insluitende die gevierde Sheba-myn.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: De Hoek
Volgende onderwerp: De Klerk, Senator Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:13:18 MGT 2024