Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Desimalisasie
Desimalisasie [boodskap #121578] Ma, 03 Desember 2018 05:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Desimalisasie verwys na die omskakeling na 'n desimale stelsel. 'n Desimale stelsel bestaan uit die tien syfers, 0 tot 9, en is op 'n 'basis van tien' gebou.

Voorstelle ten gunste van 'n desimale geldstelsel vir Suid-Afrika dateer reeds baie jare terug. Ná die indiening daarvan deur mnr. P.A. Moore, L.V., in die Volksraad, is dit na 'n verslag deur 'n spesiale kommissie in 1958 deur die Unie-regering aanvaar. Die kommissie beveel 'n stelsel aan, gebaseer op die rand (gelyk aan 10 sjielings), wat in 100 sent verdeel moet word. Die koste verbonde aan die oorskakeling beloop na berekening R 18,000,000 in die veranderings in rekenmasjiene, kasregisters, petrolpompe, skoolboeke, ens. en is uitgewerk in samewerking met verteenwoordigers van die handel en nywerheid.

Die oorskakeling het plaasgevind op 14 Februarie 1961. Die nuwe geldeenhede sirkuleer ook in Lesotho, Swaziland, Botswana en Suidwes-Afrika (nou Namibië), maar die ou muntstukke bly in gebruik totdat dit verslyt is. Rhodesië (nou Zimbabwe) wou ook na die desimale geldstelsel oorskakel, en Suid-Afrika het op spesiale versoek die land, net soos in die geval van Australië en Nieu-Seeland, met raad en inligting bedien oor die oorskakeling.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dennebol
Volgende onderwerp: De Doorns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:42:08 MGT 2024