Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Davis, Sir Edmund
Davis, Sir Edmund [boodskap #121568] So, 02 Desember 2018 17:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Edmund Davis was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) en Suid-Afrikaanse kapitalis en kunskenner. In 1862 naby Melbourne, Australië gebore. Studeer in Parys en Engeland. Hy kom op 17 jarige ouderdom na Suid-Afrika en gaan na Rhodesië waar hy een van die suksesvolste mynbase, veral benoorde die Zambezi word. Hy speel 'n vername rol in die Rhodesian Broken Hill Development Company, die Wankie Colliery Company en Loangwa Concessions, waarvan hy die voorsitter word. Hy was ook prominent in die British South Africa Company, die Anglo-American Corporation, die South-West Africa Company, Umtali Mines, Turner & Newall en verskeie ander ondernemings nie net in Afrika nie. Hy stig sy eie maatskappyegroep, en het 'n leeue-aandeel in die ontwikkeling van die koperbedryf in Zambië. Hy vestig hom op Chilham Castle naby Canterbury in Engeland waar hy 'n beroemde kunsversameling opbou. Oorlede in 1939.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Davel
Volgende onderwerp: Dawson, Geoffrey
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:06:53 MGT 2024