Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Dassie-adder (Dassieadder)
Dassie-adder [boodskap #121566] So, 02 Desember 2018 16:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Dassie-adder is 'n mitiese kreatuur wat veronderstel is om 'n kruis te wees tussen 'n dassie en 'n slang. Dit kom dikwels voor in ou Suid-Afrikaanse legendes.

Hierdie kreatuur het volgens oorvertelling 'n kop wat soos 'n dassie s'n lyk, wat vooraan 'n adder se lyf gemonteer is. Hy vreet hoofsaaklik dassies en kry hulle in die hande deur só te lê dat sy slanglyf versteek is. As 'n dassie niksvermoedend nader stap en die kop in die oë kyk, versteen hy in sy spore. Die dassie staan dan roerloos terwyl die slang hom stip aankyk en al nader seil. Die dassie-adder gee hom dan 'n byt wat hom verlam voordat hy hom insluk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Dassie, Kolstert
Volgende onderwerp: Davel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:54:27 MGT 2024